Kom boegie, sokkie en rock-‘n-roll op die op-en-wakker klanke van die groep Who’s News!
Who’s News is deesdae groot en warm nuus - en net die regte inspuiting vir enige makietie.
Die groep bestaan uit twee lede - Craig James en Dion Olwagen. Craig is verantwoordelik vir die perkussie en is die hoofsanger terwyl Dion kitaar speel en ook sing.
Die
groep is sedert 1984 in die rondte (hulle het voorheen uit ander lede bestaan)
en het gehore dwarsoor die land in kroeë, by funksies en klubs vermaak.
Dion is reeds vyftien jaar in die musiekbedryf. Hy het in die verlede bekende
Afrikaanse en country-sangers op die kitaar ondersteun en ook in Mike Faure
se groepe Soul Purpose en Brass Tacks gespeel.
Craig is reeds 25 jaar op die musiektoneel en hy het ook in top groepe soos Soul Purpose, Brass Tacks, Rio, Scottfree, Razor en Riksja gespeel. Hy is ook een van ons land se top “session”-sangers, het vir verskeie klingels sowel as vir sowat 100 albums ‘n musikale bydrae gelewer.
Twee van sy oorspronklike komposisies - naamlik “Rock ‘n Roll Hero” en “One Life to Live” - het onderskeidelik die nommer 6 posisie op 5FM en nommer 1 op Radio Jakaranda behaal. Hy het ook in die rock-opera “Helen of Troy” gesing en die nommer 1 posisie met “The Love I Had” op Hoëveld Stereo behaal. Kort daarna volg nog ‘n treffer - “Rain” - wat die nommer 4 posisie op Hoëveld Stereo behaal het.
“Duskant Die Jukskei” bevat nuwe sowel as ou gunstelinge wat nie net nommerpas is vir langarmdanse nie, maar ook vir vinnige danspassies op die dansbaan.
Who’s News stof immergroen nommers soos “Only Crying”, “Footloose”, “Forever in Blue Jeans” en “Yesterday’s Hero” af en gee ook nuwe kleur aan die huidige groot treffer “If Tomorrow Never Comes.”
Ander nommers wat die dansbaan stampvol gaan hou is hulle nuwe oorspronklike Afrikaanse treffers naamlik, Dans Met My, Jy Is Die Een, Sambok Sannie, Duskant Die Jukskei, en Duskant Die Jukskei die Blou Bul Remix. Dit sluit ook in “ I Love Rock ‘n Roll”, en “Every Breath You Take.”Ander Afrikaanse nommers soos “Die Bosveldbul”, “Bobbejaan Klim die Berg” “Sarie Marais”en tot Who’s News se weergawe van “Die Stem” gee ‘n meer “inheemse” kleur aan die prettige album.
Maak
WHO`S NEWS jou nommer een Orkes vir jou volgende partytjie!